Kolchis

Kolchis en Iberië in die Antieke tydperk.

Kolchis of Colchis (Georgies: კოლხეთი, Kolcheti; Grieks: Κολχίς, Kolchis) was ’n streek en koninkryk in die Suid-Kaukasus. Dit was geleë aan die ooskus van die Swartsee, waar die hedendaagse Georgië is.

Die inwoners was waarskynlik die voorouers van die huidige Swan-, Mingreliese en Laz-volk.[1] Hulle het reeds in die Middel-Bronstydperk aan die Swartsee gewoon.[2] Kolchis was eeue lank ’n onafhanklike koninkryk, tot met sy anneksasie in 164 v.C. deur Pontus.

In die Griekse mitologie was Kolchis die plek waar die Goue Vlies was wat deur Jason en die Argonoute gesoek is. Die Goue Vlies in die mite is geskoei op die destydse gebruik onder die plaaslike inwoners om goudstof uit riviere deur vliese te sif.[3]

  1. Antiquity 1994. p. 359. The Great Soviet Encyclopedia:Значение слова "Колхи" в Большой Советской Энциклопедии; The Cambridge Ancient History, John Anthony Crook, Elizabeth Rawson, p. 255
  2. David Marshal Lang, the Georgians, Frederich A. Praeger Publishers, New York, p 59
  3. "Christianity and the Georgian Empire" (early history) Library of Congress, Maart 1994, webpage:LCweb2-ge0015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search